Vanoggend het ons die voorreg gehad om die 7 Ritmes vir kinders boek aan ’n groep ouers bekend te stel en dit was baie lekker. Ons het die meeste van die tyd spandeer om te kyk na die ekosisteem van gesinne en lekker saam gesels oor hoe ons as dissipels saam met ons kinders kan leef. Ons sien baie uit om te hoor hoe gesinne groei wanneer hulle die boek se ritmes uitleef. Ons droom is dat die boek ’n beweging skep waarin gesinne en gemeentes opnuut saam kan groei op die avontuur om Jesus te volg. Hierdie boek sluit aan my die Lewe met Ritme beweging en help ons om saam met die kinders in ons lewens Jesus te volg.Op hierdie site gaan ons lekker hulpbronne bied vir groei. Om op hoogte te bly kan jy na die tuisblad gaan en daar registreer.
Die begin van ‘n nuwe beweging
by Tom Smith | Sep 19, 2015 | Boek | 2 comments
Vreeslik baie dankie Tom en Lollie, Saterdag se kursus was presies wat ek nodig gehad het om weer nuwe lewe in te blaas in my voortdurende poging om my kinders bloot te stel aan die Here se hart en nie net aan al die stories soos wat hulle dit by die skool en Sondagskool leer nie.
Baie sterkte, ek glo julle gaan ‘n groot verandering te weeg bring en sien uit om daarin te deel.
Liefde,
Thir
Hi Tom en Lollie. Ongelooflik. Ek het gister jul boek nie neergesit voordat ek dit nie klaar gelees het nie. Ek is ‘n wiskundige wat meestal met ouers en onderwysers werk wat kinders onderrig van Graad R tot 9. Ongelooflik hoeveel raakpunte daar is wat jul se en om liefde vir wiskunde te kweek. God het vir ons die pragtigste skepping gegee wat vol Wiskunde is. Julle was ongelooflik in die kerk. My driejarige seuntjie het soveel goed herhaal aan ons, wat jul gese het tydens die diens – kan net se PRICELESS. Groete Liezel Blom