Yellowstone Nasionale Park is een van die mooiste reservate in die VSA. Eens was dit die natuurlike habitat van wolwe gewees. Ongelukkig is die wolwe uit die park verwyder en het dit verrykende (of is dit dalk verarmende) gevolge op die ekosisteem gehad. Een van die gevolge was dat die stygende getal bokke veroorsaak het dat baie van die plantegroei verwoes is en dit het groeiende gronderosie in die park veroorsaak.

‘n Klein groepie wolwe is teruggebring in die ekosisteem in en binne’n paar jaar het hulle teenwoordigheid die habitat op merkwaardige maniere verryk. Omdat die bokke nie meer kon wei waar hulle wou nie het die valleie se plantegroei weer herstel, en hierdie herstel het plek gemaak vir ander diere wat die ekosisteem verlaat het.

Hierdie herstel van ekosisteme word “rewilding” genoem.

Die mees merkwaardige verskil wat die wolwe in Yellowstone gehad het was dat hulle die riviere verander het. Hier is hoe dit beskryf word,

They began to meander less. There was less erosion. The channels narrowed. More pools formed, more riffle sections, all of which were great for wildlife habitats. The rivers changed in response to the wolves, and the reason was that the regenerating forests stabilized the banks so that they collapsed less often, so that the rivers became more fixed in their course. Similarly, by driving the deer out of some places and the vegetation recovering on the valley sides, there was less soil erosion, because the vegetation stabilized that as well. So the wolves, small in number, transformed not just the ecosystem of the Yellowstone National Park, this huge area of land, but also its physical geography.

In die Here se ekonomie (‘n woord wat letterlik beteken die bestuur van die huishouding) is die familie baie belangrik. Dit is hierdie ekosisteem wat opnuut “rewilding” nodig het. In ons boek “7 Ritmes vir Kinders” is die ekosisteem een van die metafore wat ons gebruik om te verduidelik hoe ons as families in ‘n gesonde habitat kan leef. Een van die “rewildings” is om die Leeu van Juda opnuut in ons families se habitat toe te laat. Dit beteken dat volwassenes erns maak met hulle eie groei in God. Eugene Peterson verduidelik dit mooi,

When I observe the families where parents seem to be doing a good job of living the Christian faith in relation to their children, it is readily apparent that actual practices vary widely. Particular rules, techniques of discipline, variations in strictness and permissiveness – they run the gamut. One thing stands out: these parents, seriously, honestly, joyfully follow the way of Christ themselves … They are engaged in vigorous Christian growth on their own and permit their children to look over their shoulders while they do it. The family is a most useful, maybe the most useful, arena in which to learn the faith.

In die boek ondersoek ons verdere aspekte van hierdie ekosisteem. Ons kyk ook na die “rewilding” van stories, vrae, oefeninge en vriende. Al hierdie elemente help ons om ekosisteme van groei te ontwikkel.

Hoe lyk die ekosisteem van jou familie op die oomblik?

Hierdie artikel is oorspronklik vir ons vriende by E-kerk geskryf