Onlangs staan ons as familie langs die see en probeer klippies hop op die golwe. Ons seun kry dit toe ’n paar keer reg en raak kinderlik opgewonde oor dit wat hy nou regkry. “Pappa en Mamma kyk hier”, nooi hy ons toe uit om te kyk terwyl hy die klippie probeer hop. Toe hy ons aandag het gooi hy die kip met ’n geplons in die water in sonder dat dit hop – sy probeerslag was ’n flop. Toe sê hy iets wat my die hele week aan die dink sit, “Ek leer nog”.
Dissipels van Jesus is mense wat nog leer. Die woord self beteken leerling. Waar daar nie nog geleer word nie, kan dissipelskap nie plaasvind nie. Een van ons uitgangspunte in die 7 Ritmes vir Kinders is dat ons almal kinders in God se oë is en dat ons daarom saam pelgrims op die Jesus pad is. Mag ons in hierdie week nog leer hoe om in die wonderlike ritmes van Jesus te leef.
Eugene Peterson se parafrase van Matteus 11 kan dalk vir jou en die kinders in jou lewe help:
(Matthew 11:25–30, The Message)
Wat leer jy tans?
Wat ‘n mooi, bevrydende konsep is dit nie om aan herinner te word nie! “Ek leer nog.” Sjoe, golf op golf laat dit my kalmer en rustiger voel. Dit is lekker om nie alles te hoef te weet of elke keer reg te kan doen nie. Die heel lekkerste van hierdie genade van leer is dat ek vry is om foute te maak sonder dat ek iets van my selfwaarde verloor. Jesus weet darem maar net hoe om my hart te ontlont!
Dankie Yolande,
Dit is baie bevrydend om te weet dat ons as ouers ook nog leer.
Shalom,
Ek is so spyt daar was nie so boek toe my kinders klein was nie ek is ek sou hulle dan baie anders hanteer het maar ek gaan definitief dit gebruik in my Sondagskool klassie. Is nog net by hoofstuk 1 maar sien uit na die res van die boek een van die dinge wat ek definitief nie weer vir ‘n kind sal se nie is dat hy Jesus se hartjie seermaak. Maar dan wil ek asb weet hoe hanteer ‘n mens die situasie as ‘n kind nie vir jou luister in die klassie nie want dit voel vir my as die kind nie vir my respek het nie het hy dan ook vir Jesus nie respek nie. Ek wil nie die kind leer Jesus is net kwaai nie maar ons maak darem ook nie ‘n grap van Hom nie.
Baie dankie vir jou kommentaar Sonja, ons is opgewonde saam met jou. Om grense te stel vir kinders is baie belangrik (later in die boek sal jy dit raaklees).