ANGRY BIRDS

.... ons almal word soms kwaad

Tom, Lollie en Tayla praat oor die film

by Smith familie | Resensies

Angry birds is ‘n film wat op die speletjie gebaseer is. Ons gesin het dit oor die langnaweek gekyk en die konsensus is dat dit so tussen 6 en 7 uit 10 kry. Die film fokus op die temas van woede, helde en geregtigheid.

 

Goeie gesprekke met die kinders in jou lewe kan gaan oor die emosies van woede en dat woede nie altyd sleg is nie (In die film word woede gebruik om sosiale geregtigheid te laat geskied).

Aan die linkerkant van hierdie inskrywing kan jy luister na ‘n kort gesprek van ons gesin. Ek verwys in die kort gesprek na Common Sense parenting se webbblad. Die regte naam is Common Sense Media. Dit is ‘n goeie plek om ‘n idee te kry oor films se kykbaarheid en boodskap.

As deel van ons gesin se ritme kyk ons elke Vrydag ‘n film en sal partykeer iets daaroor op die webblad skryf (as jy hierdie lees en jou eie resensies wil aanstuur sal ons dit waardeer).