OUERS SE DISSPELSKAP

Drie danspassies vir gesinne

Tom Smith, Mede-stiger van Rhythm of Life

4 Julie 2016

Die vroeë kerk het die verhouding van God die Vader, Seun en Heilige Gees as ’n dans beskryf. In die begin dans God ’n nuwe gemeenskap aan die lewe. Die lewe van God is so vrolik en uitbundig dat God ’n nuwe gemeenskap skep. In Genesis hoor ons hoe die dans uitgebrei word … “En God het gesê: “Laat ons mense maak na ons beeld en gelykenis”

Dallas Willard skryf dat,

“Die doel van God in die geskiedenis van die mens is die ontwikkeling van ’n inklusiewe gemeenskap van liefdevolle mense, met God ingesluit in hierdie gemeenskap as die hoofbron en mees roemryke inwoner”

God dans ’n nuwe gemeenskap van liefde los en die gesin is die eerste groep.  Soms strompel ons in ons gesin se dans en val ons oor mekaar se voete.

 

Hier is drie danspassies wat ons kan help om in ritme met mekaar en ons dansende God te kom.

Sê vandag vir die mense in jou lewe “Ek is lief vir jou” – doen dit terwyl jy jou geliefdes in die oë kyk.  Victor Hugo het iets beetgehad toe hy gesê het, “To love another person is to see the face of God.”

Maak seker jy sê jammer wanneer jy op die mense in jou lewe se tone trap. Ouers, maak seker jy bely wanneer jy oorreageer of jou frustrasies op die kinders in jou lewe uithaal. ’n Hartlike jammer vereening ons weer in die dans van die lewe.

Wanneer iemand jammer sê vergewe. Henri Nouwen beskryf dit só mooi,

“Forgiveness is the name of love practiced among people who love poorly. The hard truth is that all people love poorly. We need to forgive and be forgiven every day, every hour increasingly. That is the great work of love among the fellowship of the weak that is the human family.”

Hierdie is drie danspassies wat ons kan help om ’n gemeenskap van liefdevoll mense te word wat deel in God se liefdesdans.

Ons is baie opgewonde om saam as gesinne nuwe danspassies aan te leer. Daarom herinner ons julle aan die werkswinkel op die 30ste Julie van 8:30 – 13:00 by Fontainebleau Gemeenskapskerk aangebied gaan word – dit gaan ‘n wonderlike geleentheid wees waarin ons die ouers wil toerus om agter God aan te dans en te leer besin, behoort en beweeg. Julle kan by Miranda registreer Mirandaw@fgk.co.za of op die Facebook bladsy kyk vir verdere inligting.

Tom is getroud met Lollie Smith en hulle leef die Jesus avontuur met hulle twee kinders Tayla en Liam. Tom help deur sy organisasie Rhythm of Life kerke, organisasies en individue om as dissipels in Suid Afrika te leef. Hy is mal oor stap en geniet dit om koffie saam met mense te drink.

Tom Smith

Mede-stigter van Rhythm of Life, Rhythm of Life