Ritme avontuur vir die derde kwartaal

Sondag die 24ste Julie was die eerste Sondag van die derde kwartaal en ons by Kinderritmes is opgewonde om in hierdie kwartaal ‘n weeklikse oefenprogram vir gesinne te bied wat julle kan help om in die avontuur van Jesus se Ritmes te leef. In hierdie eerste week bestudeer ons die ritmes op ‘n inleidende manier en ons is opgewonde om hierdie week se oefening en gesprekke aan julle bekend te stel. Elke week bestaan uit ‘n oefening vir die hele gesin en ook vrae wat julle rondom die etenstafel kan bestudeer. Lees meer hier onder

Weeklikse Oefening

In hierdie week leer ons die verskillende ritmes se prentjies en watter deel van ons lewens dit aanraak. Elkeen kry ‘n afdruk van die ritme papiertjie (dit is onder hierdie gedeelte – save en print dit net) sodat jy dit sommer by jou kan dra. Die doel is om aan die einde van hierdie week elke ritme prentjie, en die kernwaarheid wat daarmee saamgaan te ken.

TAFELGESPREKKE

– As jy jou lewe tans met ‘n spesifieke liedjie kon beskryf, watter liedjie sal dit wees? (dalk kan julle elke aand vir iemand om die tafel ‘n beurt gee om die liedjie vir die res te speel en te verduidelik hoekom hy/sy dit gekies het).

– Watter een van die ritmes is vir jou die lekkerste?

– Watter een van die ritmes is vir jou die moeilikste?

– Watter een van die ritmes sien jy duidelik in die mense om die tafel (maak beurte om oor iemand om die tafel te praat, kies dalk elke aand in die week iemand anders)