Ritme avontuur (Die spieël Week 2)

Gedurende hierdie kort week met die stemmery en volgende week se Vrouedag het ons besluit om die tweede oefening vandag vry te stel wat dan geld vir hierdie week en volgende week. Met die spieël ritme fokus ons op ons prentjies van onsself en ook van God. Hoe ons God sien het ‘n diep invloed op hoe ons onsself sien. Vir kinders is dit daarom baie belangrik om gesonde beelde (of prentjies) te ontwikkel van God en hulself. Lees meer hier onder.

Weeklikse Oefening

Danksegging: Vat ‘n paar papiere en skryf “Gemaak in God se beeld” daarop en plak dit op al die spieëls wat jy gebruik. Elke keer wanneer jy jouself in die spieël, saam met die papier sien, dank die Here vir sy liefde.  Aan die einde van die week reflekteer op die volgende vrae:  Watter tye in die week het jy waardevol/nie waardevol gevoel nie?

TAFELGESPREKKE

– Waar/deur wie het God vandag aan jou liefde gewys?

– Was daar tye waar dit moeilik  was om te glo jy’s geliefd?

–  Hoe sal jy tans jou verhouding met God beskryf?

– Wat is jou gunsteling prentjie van God?

– Wat ervaar jy wil God tans vir jou sê?

–   Hoe gaan dit met jou hart?